Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir swaar donderstorms, asook moontlike hael en oorstromings, vir môre vir Limpopo uitgereik.
Lees ook: Lewende gyselaars almal vry en terug in Israel
Reën is vir môre vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorspel.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het vir vandag reën vir die Wes-Kaap, dele van die Noord-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpulanga, Limpopo en Gauteng voorspel. Geen waarskuwings is vir vandag uitgereik nie.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD





