Die Suid-Afrikaanse weerdiens het verskeie waarskuwings vir vandag uitgereik. ’n Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms, erge reën en oorstromings geld vir die Noord-Kaap, Noord-Wes en Vrystaat.
Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir Gauteng is uitgereik vir erge donderstorms en moontlike oorstromings.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir reën geld vir dele van Mpumalanga.
Bronne: SAWD
Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





