Lees ook: Volgende president en speaker Vrydag verkies
‘n Vrou met ‘n PhD, ene dr. Simamkele Dlakavu, het die naweek plasings op X gemaak waarin sy gesê het Jacob Zuma moet doodgemaak word.
In die plasings op haar rekening het daar gestaan: “Die beste ding wat jy kan doen vir my as ‘n land is om Jacob Zuma dood te maak, hy moet doodgaan. Maak hom nou dood”.
Dlakavu het ‘n dag na die plasings ‘n stelling gemaak om te sê iemand het haar rekening oorgeneem en die plasings gemaak.
Sy het gesê sy het privaatheid nodig na die skadelike kommentaar gemaak is.
Bronne: IOL, The Citizen, Head Topics





