Malawiese visepresident dood in vliegtuigongeluk

Lees ook :

Malawiese visepresident dood in vliegtuigongeluk
Malawiese visepresident dood in vliegtuigongeluk fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Malawiese visepresident vermis na vliegtuig verdwyn

MALAWI. – Die Malawiese visepresident en nege ander is dood na die militêre vliegtuig waarop hulle was, neergestort het.

Saulos Chilima en nege ander passasiers, insluitend die voormalige eerste dame Shanil Dzimbiri, se dood is bevestig na die wrak van die vliegtuig gevind is.

Die president se kantoor het bevestig al die passasiers is dood in die wrak gevind.

Chilima en die ander passasiers was op pad na die begrafnis van die voormalige minister van justisie. Die vliegtuig is beveel om om te draai oor swak sigbaarheid weens slegte weer, maar kon nie land nie.

Die lugredery het hierna kontak verloor met die vlieëniers toe die vliegtuig van die radar af verdwyn het.

Bronne: The Sun, Tuko, Citizen Digital

Lees ook: Malawiese visepresident vermis na vliegtuig verdwyn

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief