Brekende Nuus
Afrikaans

Dosyne mense sit vas in tonnels na Taiwannese aardbewing

Minstens 131 mense is tans in die hoofwegtonnels vasgekeer, insluitend 50 werknemers van die Silk Place-hotel in Taroko.

Dosyne mense sit vas in tonnels na Taiwannese aardbewing

fotokrediet: Skermgreep
Dosyne mense sit vas in tonnels na Taiwannese aardbewing fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Taiwan deur ergste aardbewing in 25 jaar getref

TAIWAN. – Dosyne mense is in hoofwegtonnels vasgekeer na vanoggend se aardbewing. Die dodetal het tot sowat nege mense gestyg en meer as 882 is beseer. Dit is onbekend hoe ernstig die beserings is.

Die 7.4-aardbewing is die ergste aardbewing wat Taiwan in 25 jaar beleef het. Dit het naby die stad Hualien getref.

Minstens 131 mense is tans in die hoofwegtonnels vasgekeer, insluitend 50 werknemers van die Silk Place-hotel in Taroko.

Die naskokke duur steeds voort en kan so hoog as 7.0 wees tot die einde van die week. Die tsoenamiwaarskuwings vir Taiwan, Japan en die Filippyne is gelig.

Bronne: CNN, BBC, The Guardian

Lees ook: Taiwan deur ergste aardbewing in 25 jaar getref