Taiwan deur ergste aardbewing in 25 jaar getref

Lees ook :

Taiwan deur ergste aardbewing getref in 25 jaar
Taiwan deur ergste aardbewing getref in 25 jaar fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Sewe noodhulpwerkers deur Israel-weermag gedood

TAIWAN. – Minstens sewe mense is oorlede en meer as 700 is beseer na Taiwan vanoggend deur die ergste aardbewing in 25 jaar getref is.

’n Aardbewing van 7.4 het vanoggend naby die stad Hualien op ’n diepte van 35 km getref.

Minstens 77 mense is in geboue of onder puin vasgekeer met reddingspogings steeds aan die gang. Drie van die oorledenes is dood toe klippe hulle tydens die aardbewing op ’n staproete getref het. Die ander oorledene was ’n vragmotorbestuurder wie se voertuig deur klippe getref is.

Naskokke word steeds gevoel, met een van 6.5 naby Hualien.

Taiwan, Japan en die Filippyne het waarskuwings vir tsoenami’s uitgereik met golwe wat tot drie meter hoog kan raak.

Bronne: The Independent, BBC, CNN

Lees ook: Sewe noodhulpwerkers deur Israel-weermag gedood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief