Lees ook: Thabo Bester se aansoek van rol geskrap
Dr. Nandipha Magudumana verskyn vandag in die appèlhof in Bloemfontein. Sy wil hê haar inhegtenisneming en uitlewering van Tanzanië en verskyning in die hof moet onwettig en ongeldig verklaar word.
Magudumana en die veroordeelde moordenaar Thabo Bester is verlede jaar in April in Tanzanië in hegtenis geneem nadat sy hom glo uit die tronk help ontsnap het.
Sy het haar voorheen tot die hof gewend om te vra dat haar inhegtenisneming onwettig verklaar moet word, maar haar vorige aansoek is afgekeur op die basis dat sy vrywillig ingestem het om na Suid-Afrika toe terug te keer.
Haar prokureurs gaan aanvoer sy kon nie instem tot ‘n onwettige proses nie en dat Suid-Afrika en Tanzanië die protokol oor uitvoering ignoreer het.
Bronne: EWN, SABC, SowetanLIVE
Lees ook: Thabo Bester se aansoek van rol geskrap





