Drie beseer in gasontploffing in restaurant

Lees ook :

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – Drie persone, van wie twee ernstige brandwonde opgedoen het, is beseer in ‘n gasontploffing Donderdagoggend in ‘n plaaslike restaurant in die Lions River-omgewing.

Midlands EMS in Howick het met ‘n gevorderde lewensondersteunende ambulans en reddingsparamedici na die toneel gehaas. Twee persone het ernstige brandwonde opgedoen terwyl ‘n derde persoon matig beseer is.

Die beseerdes is op die toneel behandel en vir verdere mediese behandeling na verskeie hospitale geneem.

Owerhede is tans op die toneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief