KWAZULU-NATAL. – Drie persone, van wie twee ernstige brandwonde opgedoen het, is beseer in ‘n gasontploffing Donderdagoggend in ‘n plaaslike restaurant in die Lions River-omgewing.
Midlands EMS in Howick het met ‘n gevorderde lewensondersteunende ambulans en reddingsparamedici na die toneel gehaas. Twee persone het ernstige brandwonde opgedoen terwyl ‘n derde persoon matig beseer is.
Die beseerdes is op die toneel behandel en vir verdere mediese behandeling na verskeie hospitale geneem.
Owerhede is tans op die toneel.