OOS-KAAP. – Drie beweerde gewapende rowers is gister doodgeskiet nadat polisie se taktiese reaksie-eenheid op ‘n wenk reageer het. Twee verdagtes is beseer en nog een is in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Namhla Mdleleni het polisielede ‘n verdagte voertuig op ‘n grondpad tussen Nkondlo en Clarkebery naby Mhlophekazi in Ngcobo opgemerk. Hulle het die voertuig probeer voorkeer waarop daar op hulle geskiet is. Polisielede het teruggeskiet. Drie verdagtes is dood, twee is beseer en nog een is in hegtenis geneem.
Die beseerde verdagtes is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Die drie oorlewende verdagtes, tussen die ouderdom van 35 en 52 jaar, sal vir onder andere moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die hof verskyn.
Geen polisielid is beseer nie.





