Brekende Nuus
Afrikaans

Drie busse ontplof in beweerde terreuraanval in Israel

Drie busse ontplof in beweerde terreuraanval in Israel

fotokrediet: Skermgreep X
Drie busse ontplof in beweerde terreuraanval in Israel fotokrediet: Skermgreep X

ISRAEL. – Drie busse het in Bat Yam, naby Tel Aviv, in Israel ontplof. Volgens die polisie was dit moontlik ‘n terreuraanval.

Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars

Nog toestelle wat in twee ander busse geplaas was, het nie ontpof nie. Die polisie is besig om na verdagtes te soek.

Die vervoerminister het gelas dat alle busse en treine in die land gestop en deursoek word vir nog ploftoestelle. Benjamin Netanyahu, die eerste minister, het die Israeliese weermag beveel om “intensiewe operasies uit te voer teen sentrums van terrorisme in die Wes-Bank”.

Bronne: BBC, Evening Standard, ABC News, X

Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars