BEIROET. – Drie mense is dood en sewe is beseer toe die Israeliese weermag ’n gebou in Beiroet aangeval het. Dit is die tweede aanval in ’n paar dae.
Lees ook: VSA sny militêre hulp en samewerking met SA
Volgens Israel was die teiken ’n Hezbollah-militant wat “Hamas onlangs gehelp het om terreuraanvalle op Israeliese burgerlikes te beplan”.
Die eerste aanval na ’n vier maande skietstilstand wat in November bereik is, is uitgevoer na Israel beweer het Hezbollah het twee vuurpylaanvalle op suidelike Libanon geloods, wat oor Israel se grens gegaan het. Hezbollah het die bewering ontken.
Die Libanese weermag het belowe om die oorsprong van die vuurpylaanvalle te ondersoek.
Bronne: RTE Ireland, CNN, DW
Lees ook: VSA sny militêre hulp en samewerking met SA
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





