Lees ook: Weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik
Die skoolkalender vir 2025 sal drie ekstra vakansiedae danksy “spesiale skoolvakansie” hê.
Volgens die departement van basiese onderwys sal die skooljaar op 15 Januarie begin en 12 Desember eindig. Die akademiese jaar sal dus 200 dae wees.
Die ekstra vakansiedae sal op 29 April, 30 April en 2 Mei wees. Dit is omdat Vryheidsdag in 2025 op die 28ste April gevier word en die amptelike vakansiedag op ’n Sondag val.
Werkersdag is in dieselfde week op 1 Mei. Daarom het die departement besluit leerders sal daardie hele week vakansie hê.
Bronne: BusinessTech, Head Topics, The South African
Lees ook: Weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik