Drie Ethiopiërs geskiet, twee dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Twee Ethiopiese burgers is Dinsdag in ‘n aanval gewond toe verdagtes hulle sakeperseel in High Street, in Cofimbaba, betree en op hulle geskiet het.

Na bewering het twee gewapende verdagtes die besigheid binnegegaan en op die drie Ethiopiërs geskiet. Hulle is na ‘n hospitaal geneem, waar twee met aankoms dood verklaar is.

Kapt. Namhla Mdleleni sê hulp word van die gemeenskap gevra om die moord- en poging tot moordsake op te los.

Mdleleni sê die omstandighede van die misdaad word ondersoek.

Enigiemand met inligting van die misdaad word gevra om speur.sers. Luleka Vuyo Ngwane by 078 818 5419 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief