Drie ‘gesteelde’ voertuie by Beitbrug-grenspos teruggekry – vier verdagtes in aanhouding

Die polisie by Beitbrug-grenspos het Dinsdag drie vermoedelik gesteelde voertuie onderskep en vier verdagtes in hegtenis geneem....

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Ford Ranger, Audi Q7 en Mercedes Benz Actros-vragmotor wat vermoedelik gesteel is, is Dinsdag deur die polisie by Beitbrug-grenspos op Musina teruggevind voordat dit die land kon verlaat.

Volgens kol. Malesela Ledwaba is vier verdagtes tussen 29 en 64 jaar, wat glo die voertuie na Zimbabwe wou smokkel, by ‘n voertuigbeheerpunt in hegtenis geneem.

Die voertuie se VIN-nommers is verander en die verdagtes het glo bedrieglike dokumente in hulle besit gehad.

Voorlopige ondersoek dui aan die voertuie is in Gauteng as gesteel aangemeld.

Die vier verdagtes, twee Suid-Afrikaners en twee buitelandse burgers, sal vandag op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde motorvoertuie in die Musina-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Ontdekking van vrou se liggaam skok Noord-Kaapse dorp

Ketelmaker dood by Impala-myn in Rustenburg

Banyana Banyana se afrigter kry eersdaags ’n eredoktorsgraad

Vies inwoners brand sewe klaskamers af

Kyk: Tien sterf toe Maleisiese helikopters bots

Skoliere beseer toe minibustaxi se remme glo faal

Powerball uitslae vir 23 April 2024

Ontbinde liggame van mense en diere in huis ontdek

Bejaarde deur vermeende koperdief beseer

Man doodgeskiet toe polisie reageer op klagte van huishoudelike geweld

Polisie-opleier wat glo verkrag aangehou

Kaapstad verseker daar word gelees

Ambulans gebrand – protesteer binne wet, vra owerhede

Ondersoek ná video van motorfietsongelukstoneel versprei word

ANC confirms tax hikes and changes to fund NHI – DA

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke