LIMPOPO – Drie verdagtes, vermoedelik in hul 30’s en glo betrokke by ‘n gewapende roof in die Mushiru-woonbuurt, het Woensdag tydens ‘n hoëspoedjaagtog met polisie, gesterf. Die bestuurder van die swart Hyundai-motorvoertuig, met vier insittendes, het beheer verloor en die voertuig het verskeie kere gerol.
Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagtes is na bewering verdink van ‘n gewapende roof in die Mhinga-woonbuurt en misdaadvoorkomingslede van Saselamani was agter hulle aan.
Nadat die verdagtes glo op die polisie geskiet het, het een tydens die jaagtog ‘n vuurwapen uit die bewegende voertuig laat val.
Met dié wat die bestuurder vermoedelik beheer verloor en die voertuig gerol het, het vier insittendes uit die voertuig geval. Drie is deur nooddienste dood verklaar en die oorlewende is vir mediese versorging na ‘n hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking is.
Hy sal na beterskap in die hof verskyn.
Die oorledenes is deur identifikasie positief met die toneel verbind en hul identiteit sal binnekort bekend gemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





