Drie inhegtenisnemings by begrafnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Drie verdagtes is Saterdag op ‘n begrafnis van ‘n beweerde misdadiger op Mthatha in hegtenis geneem en die polisie het op drie wapens beslag gelê.

Volgens kol. Priscilla Naidu het polisielede van OR Tambo en Alfred Nzo (TRT Tactical Response Teams) die begrafnis van ‘n beweerde misdadiger wat ongeveer twee weke gelede vermoor is, gemonitor. Na bewering het die taktiese polisielede omstreeks 10:00 groepe mans by verkeersligte op die hoek van Nqadustraat en die N2 naby Northcrest op Mthatha sien staan. Tydens deursoeking is die twee mans, onderskeidelik 28 en 35 jaar oud, in die beweerde besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie gevind. Beide is in hegtenis geneem en dienooreenkomstig aangekla.

Gedurende die begrafnisdiens is ‘n verdagte (45) ook in hegtenis geneem vir beweerde skietery terwyl hy by die oorledene se huis was. Hy is op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n woongebied in hegtenis geneem.

Die verdagtes het volgens Naidu Maandag op die aanklagte teen hulle in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief