NOORD-KAAP. – Ipeleng Tonyane (23) is vir drie jaar direk deur die Warrenton-streekhof tronk toe gestuur nadat sy haar kind (1) vir twee maande by haar tante gelos het.
Sers. Timothy Sam sê Tonyane het na twee maande teruggekeer na Ikhutseng en die baba se toelaag van haar tannie gevra. Die tannie het geweier om die geld te oorhandig omdat die ma basies nie vir haar kind kon sorg nie. Dit is aan die polisie gerapporteeer. Tydens ondersoek is ‘n geskiedenis van kinderverwaarlosing vasgestel.
Die hof het Tonyane skuldig bevind en gevonnis.





