Drie kinders versmoor in toe voertuig

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Drie kinders, tussen die ouderdom van twee en ses, het Woensdag in ‘n geparkeerde gesinsmotor in ‘n erf in die Jamela-woonbuurt in Bolobedu-polisiëringsarea, versmoor.

Volgens kol. Malesela Ledwaba het die polisie omstreeks 14:00 ‘n klagte van ‘n kliniek, waarheen die kinders geneem was, ontvang. Die kinders se toestand is as kritiek beskryf. Met die polisie se aankoms by die kliniek was beide die meisies, 2 en 6 jaar oud, reeds dood verklaar. Die seun, 3 jaar oud, het Donderdag gesterf.

Malesela sê volgens beskikbare inligting het die ouer meisie en die kleuterseun glo langsaan met die tweejarige kleutermeisie gaan speel. Hulle het terwyl hulle gespeel het glo in die geparkeerde voertuig met toe vensters geklim. ‘n Jonger familielid het hulle bewusteloos in die voertuig aangetref en die volwassenes geroep. Daar is met die kinders na die plaaslike kliniek gehaas waar die twee meisies met aankoms dood verklaar is. Die kleuterseun is na Kgapane-hospitaal oorgeplaas waar hy opgeneem is en later gesterf het.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief