Gauteng. – Drie leerders van twee skole het gesterf en meer is beseer toe twee kontantwaens Dinsdagmiddag in Pierneef-boulevard in Meyerton met ‘n sedan en ‘n minibus met ongeveer 14 leerders gebots het.
Die drie leerders is op die toneel dood verklaar. Twee van die oorledenes was van Laerskool Meyerton en die ander oorledene van Greenacres-privaatkollege. Nog drie leerders van Laerskool Meyerton is ernstig beseer en in die hospitaal opgeneem. ‘n Leerder van Broadlands-privaatskool is in ‘n ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal.
Kol. Mavela Masondo sê die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat die drie kinders, tussen 10 en 14 jaar, gesterf en meer as 20 ander, onder andere skoolleerders, beserings opgedoen het. Twee beseerdes is met ‘n helikopter-lugambulans na ‘n hospitaal gevlieg, terwyl die res met ambulanse vervoer is.
Masondo sê die voertuie, wat aan G4 Security en SBV behoort, het omstreeks 13:45 met ‘n Toyota Corolla en ‘n Nissan Impendulo-minibus, wat skoolkinders vervoer het, in Pierneef-boulevard gebots.
Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.
Meyerton Primary School het die volgende sosialemediaplasing gemaak:
*Dear parents and guardians*
It is with immense sadness that we share the news of the passing of two of our learners in a horrific car accident this afternoon.
We will not release the names of these learners today as we as a school community need to allow the families time to process this huge loss and to allow them time to grieve.
We have a further three learners who have been admitted to hospitals. These three learners have sustained severe injuries.
Please hold these children and their families of those involved in this horrific accident in your prayers.
We, the staff of Meyerton Primary School, are devastated today. We share in the grief of all involved. We send our deepest condolences to all the families affected by this inexplicable tragedy. Our thoughts and prayers are with you. May the Almighty give you the strength and fortitude to deal with this loss ![]()
![]()
MPS staff

Bronne: SAPD, Meyerton Primary School, Greenacres Private College – High School, Broadlands Private School – Primary School





