Drie liggame na modderstortings gevind

Lees ook :

Foto's: IPSS Search and Rescue

KWAZULU-NATAL. – Die liggame van drie persone is op twee tonele in die Kwamakhuta-gebied uit modder gehaal, nadat huisstrukture Woensdagaand tydens modderstortings meegegee het.

IPSS Search and Rescue het Donderdagogend oproepe vir hulp ontvang. Spanne van dié diens saam met die Ethekweni-brandweer, die polisie se soek-en-reddingseenheid, Durban-metropolisie se soek-en-reddingseenheid en ander organisasies is na die gebied.

Daar is in moeilike omstandighede op twee tonele, ongeveer 9 km van mekaar, soos voorheen berig, gewerk om moontlike oorlewendes uit die modder te haal, maar instede is drie liggame in die modder gevind. Die liggame is aan die polisie oorhandig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief