WES-KAAP. – Drie mans het Sondagmiddag in Seinestraat, Delft, in wat geglo word ‘n bendeverwante insident te wees, gesterf. ‘n 14-jarige seun het die dood vrygespring.
Kol. André Traut sê verdagtes het losgebrand op die groep wat in die erf by ‘n huis gesit het. Die verdagtes het met leë hande van die toneel gevlug.
Traut sê speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad stel ondersoek in. Die teen-bende-eenheid is in die gebied ontplooi in hulle soeke na die verdagtes en om meer soortgelyke insidente te voorkom.
Enigiemand met inligting van die insident word gevra om die polisie te kontak.





