Drie mans tronk toe na diefstal van stoetram van R100 000

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Drie mans is elk tot drie jaar direkte tronkstraf gevonnis ná die diefstal van ‘n waardevolle stoetram van R100 000 wat vir uitvoer bestem was. Volgens lt.kol. Sergio Kock is die ram op 26 Februarie van ‘n plaas naby Loxton gesteel,

Die ram, wat voorberei was vir internasionale vervoer, is gesteel voordat dit die land sou verlaat. Die drie verdagtes, Pieter Booysen (27), Kevin Bostander (29), en Wesley Van Rooi (25), is Donderdag in die Loxton-landdroshof skuldig bevind aan die diefstal.

Speur.sers. Winston Julies van die De Aar-eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies het die ondersoek gelei en is geloof vir sy rol in die suksesvolle vervolging van die skuldiges.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief