Drie monnike vermoor, verdagte in hegtenis

Lees ook :

Foto: Aartsbiskop Angaelos X-profiel

GAUTENG. – Drie Egiptiese Koptiese monnike is Dinsdagmiddag by die Koptiese klooster buite Cullinan vermoor. Die polisie het ‘n verdagte (35) in hegtenis geneem wat vandag in die Cullinan-landdroshof sal verskyn.

Die moorde is in die Kopties-Ortodokse klooster van St. Mark en St. Samuel gepleeg.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê drie priesters is met steekwonde gevind. ‘n Vierde slagoffer wat die voorval oorleef het, is na bewering met ‘n yster op sy hand geslaan voordat hy kon vlug om in ‘n kamer weg te kruip.

Nevhuhulwi sê verdagtes het van die toneel gevlug sonder om enige waardevolle items te steel of eiendom te verskuif. Die motief moet vasgestel word. Enige inligting oor die voorval wat aan die polisie gegee word, sal as vertroulik hanteer word.

Aartsbiskop Anaelos het die name van die oorledenes op X bekend gemaak: “Fr Takla El-Samouili, the diocesan Vicar, and Fr Youstos Ava-Markos and Fr Mina Ava-Markos.”

Lees die Aartsbiskop Angaelos se boodskap op X hier onder:

Saddening and shocking news received of the murder of three monks in our Coptic Orthodox Monastery of St Mark and St Samuel the Confessor in Johannesburg, South Africa today. Fr Takla El-Samouili, the diocesan Vicar, and Fr Youstos Ava-Markos and Fr Mina Ava-Markos were attacked and killed in the monastery. Further details are awaited. In this holy Lenten period we pray repose for our departed brothers, and comfort for our Coptic Orthodoxy community in South Africa, their brother monks, and their families and loved ones.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief