Drie ongedokumenteerde buitelandse vragmotorbestuurders in hegtenis

Lees ook :

Foto's: KZN Departement van Vervoer

KWAZULU-NATAL. – Drie vragmotorbestuurders is onder 10 ongedokumenteerde buitelanders wat Woensdag by die RTI Mkondeni-weegbrug in Pietermaritzburg in hegtenis geneem is.

Luidens ‘n verklaring van Ndabezinhle Sibiya, woordvoerder vir vervoer en menslike nedersettings, sê die LUR, Siboniso Duma, dit is die eerste dag van 177 pasafgestudeerde verkeersbeamptes se betrokkenheid by operasies wat daarop gemik is om vragmotors en ongedokumenteerde bestuurders op te spoor. “Ons tree daadwerklik op teen ongedokumenteerde vragmotorbestuurders wat ons paaie in dodelike en hoogs gevaarlike gebiede omskep,” het hy gesê.

‘n Totaal van 260 vragmotors is gestop en 13 bestuurders van die oortreding van verkeersreëls aangekla. Duma het beklemtoon meer as 30 ongelukke met vragmotors is die afgelope maande aangeteken, sommige met buitelanders as bestuurders wat ná die ongelukke spoorloos verdwyn het. Die pasafgestudeerde verkeersbeamptes sal betrokke wees by operasies wat die assessering en monitering van vragmotoraktiwiteite by weegbrûe insluit.

Volgens die KwaZulu-Natalse departement van vervoer is 207 891 voertuie die afgelope maande by weegbrûe geweeg, waarvan 48 973 (23,6%) oorlaai was en 5 842 (2,8%) aangekla kon word.

Amptelike vervoermaand, waartydens padveiligheid opgeskerp word, is op 30 September deur die departement geloods.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief