VRYSTAAT. – Molefi Mashinini, Conny Motaung en Tshepiso wa Bohlokong word gesoek om die polisie met ‘n ondersoek na ‘n beweerde sakeroof wat op 25 April in Betlehem plaasgevind het, te help.
Sers. Mahlomola Kareli sê die voorval het omstreeks 01:00 gebeur.
Na bewering was ‘n veiligheidsbeampte wat by die verpakkingsmaatskappy in die industriële area werk, aan diens toe hy deur ongeveer 11 mans genader en met ‘n vuurwapen gedreig is. Die veiligheidsbeampte moes ontklee, waarna sy hande vasgebind is en hy na ‘n oop veld naby ‘n treinspoor gesleep is. Die verdagtes het by die gebou met diefwering en ‘n alarmstelsel ingebreek. Kluise in twee kantore is oopgeskiet en ‘n onbekende bedrag geld gebuit. Die verdagtes het van die toneel gevlug.
Die Bohlokong-polisie ondersoek ‘n saak van sake-inbraak.
Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie. Die ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting van die misdaad kan speur.kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 bel.





