Drie persone in straat doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Drie persone is Donderdagmiddag omstreeks 12:00 in Khozistraat in NU3 in Motherwell, Gqeberha, doodgeskiet.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê ‘n soektog is geloods om die verdagtes op te spoor. Volgens inligting het gewapende verdagtes verskeie skote in die straat geskiet. Drie persone is aan hulle skietwonde dood.

Die motief vir die skietery en die omstandighede daarvan is deel van die ondersoek.

Enigiemand met inligting word gevra om speur.kapt. Monde Sithole by 082 457 2812 te bel.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene het die moorde veroordeel: “Ons wil ons afsku uitspreek vir sulke blatante en roekelose minagting van menselewens. Ons toegewyde ondersoekers is tans op die grond en gebruik alle beskikbare hulpbronne en intelligensie om diegene wat verantwoordelik is te identifiseer en vas te trek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief