SWEDE. – Drie mense is gister (Dinsdag) dood in ’n skietery buite ’n manshaarkapper in Uppsala, Swede.
Lees ook: 11 mense doodgeskiet by opleidingsentrum vir volwassenes in Swede
Die polisie het gesê hulle het oproepe ontvang oor skote in Uppsala buite die Shalom-manshaarkapper.
Volgens die polisie het die skieter na die skietery op ’n elektriese bromponie gevlug. ’n Soektog is aan die gang om hom te vind.
Die polisie het gesê die motief vir die skietery is onbekend, maar ‘n Sweedse nuusagentskap het berig een van die slagoffers was glo betrokke by die beplande aanval van ’n bendeleier se familielid.
Bronne: BBC, The Independent, The Sun
Lees ook: 11 mense doodgeskiet by opleidingsentrum vir volwassenes in Swede





