Drie persone, onder wie kind (3) in huis doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Ellen Hutchinson (52), Claudeo Thomas (44) en Emilio Hutchinson (3), is gisteraand in Pienaarstraat in Helenvale, Gqeberha doodgeskiet. ‘n Jong man (19) en ‘n meisie (13) is gewond.

Kol. Priscilla Naidu sê na bewering is die huis se deur omstreeks 23:15 deur drie onbekende verdagtes oopgeskop, waarna daar op die inwoners geskiet is.

Die motief van die voorval is deel van die ondersoek.

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting word versoek om speur.AO Neville Gouws by 082 387 5904 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief