Drie persone, onder wie ‘n student, doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WAARSKUWING! Die video’s aan die einde van die berig is grafies en kan lesers ontstel.

GAUTENG. – Drie persone, onder wie ‘n universiteitstudent, is Donderdagmiddag in Braamfontein doodgeskiet.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê onbekende verdagtes het twee mans, wat in ‘n geparkeerde voertuig gesit het, geskiet. Tydens die skietery is ‘n universiteitsbus ook getref.

Volgens Nevhuhulwi is die twee mans en ‘n universiteitstudent op die toneel dood verklaar. Nog ‘n student wat gewond is, is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Die motief vir die skietvoorval is deel van die sake van moord en poging tot moord wat deur die polisie ondersoek word. Enigiemand met inligting word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te bel.

WITS-Universiteit het hartseer oor die dood van ‘n manlike student (18) wat in die bus getref is, uitgespreek. Die universiteit het dadelik tolvrye nommers vir sielkundige bystand aan sy studente voorsien.

Raadslid Margaret Arnolds, speaker van die Johannesburgse raad, het die skietvoorval veroordeel en het na ‘n vorige skietvoorval verlede maand verwys waartydens raadslid Sithembiso Zungu, die stadsweep, in ‘n skietery gewond en Tebogo Joala van Randwater gesterf het. Dit het ten aanskoue van skoolleerders gebeur. (Lees die volledige verklaring onder in die berig)

Lees die volledige verklaring van die Universiteit van Johannesburg hier onder:

𝐔𝐉 𝐬𝐚𝐝𝐝𝐞𝐧𝐞𝐝 𝐛𝐲 𝐭𝐡𝐞 𝐝𝐞𝐚𝐭𝐡 𝐨𝐟 𝐢𝐭𝐬 𝐬𝐭𝐮𝐝𝐞𝐧𝐭 𝐢𝐧 𝐚 𝐬𝐡𝐨𝐨𝐭𝐢𝐧𝐠 𝐢𝐧𝐜𝐢𝐝𝐞𝐧𝐭

It is with profound sadness that the University of Johannesburg (UJ) has learnt of the death of its student, who was caught in the crossfire during a shooting incident in Braamfontein this afternoon (29 February 2024). Another student is recovering in hospital.

The two were among the students who were travelling in a bus from the university to their places of residence in Johannesburg City Centre. The deceased, an 18-year-old male, was a second-year student.

UJ is in contact with law enforcement agencies who are investigating the incident. Our thoughts are with the families of the affected students.

The University is providing counselling to students who were on the bus at the time of the shooting. We urge all affected students to report to the University’s Centre for Psychological Services as soon as they can on [email protected].

Toll-free numbers: Auckland Park Kingsway (APK) 011 559 3324

Auckland Park Bunting Road (ABP) 011 559 1318

Doornfontein (DFC) 011 559 6042

Soweto Campus (SWC) 011 559 5752

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief