Drie persone sterf tydens en na trompop-botsing

Lees ook :

Foto's: HEMS

NOORDWES. – Twee persone het Saterdag in ‘n botsing tussen twee voertuie op die R556 gesterf. Nog persone is beseer, van wie nog een met aankoms by ‘n hospitaal dood verklaar is.

HEMS (Hartbeespoort Emergence Medical Services), asook Stasie 21, brand-en-redding, is na die toneel. Twee persone is dood verklaar en vier het matige tot ernstige beserings opgedoen. Die beseerdes is deur HEMS en nog ‘n diens na ‘n hospitaal vervoer.

Die ongeluk word ondersoek. HEMS het die belangrikheid van veiligheid tydens padgebruik benadruk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief