Drie sterf in boomhuisbrand in Tuinroete

Lees ook :

Foto: Nandi Mgwadlamba op SANParks - Garden Route (Tsittsikamma, Knysna and Wilderness) National Park

WES-KAAP. – Drie persone het gesterf toe ‘n brand Donderdag 18 Julie in die Knysna-gedeelte van die Tuinroete Nasionale Park by ‘n Tree Top Chalet uitgebreek het.

JP Louw, woordvoerder van SANParke, sê die hele chalet is in die brand verwoes. Die voorval word deur die polisie ondersoek om die oorsaak van die brand te bepaal en die identiteit van die oorledenes vas te stel.

“Besprekingsrekords dui daarop dat die persone wat slagoffers van die brand was twee SANParke-personeellede en een nie-SANParke-personeellid was.”

SANParke versoek dat die families van die oorledenes privaatheid gegun word en die polisie tyd om die ondersoek af te handel.

Sers. Christopher Spies sê die afsterwe van die drie oorledenes in Harkerville, in Plettenbergbaai, word ondersoek. Die polisie is omstreeks 07:00 ontbied. Met aankoms is ‘n afgebrande chalet aangetref.

“Polisielede het drie liggame met noodlottige brandwonde onder die puin gevind. Die slagoffers is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.”

Spies sê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen. ‘n Proses is aan die gang om die oorledenes te identifiseer.

“Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word, en dit vorm deel van die deurlopende polisieondersoek.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief