Brekende Nuus
Afrikaans

Drie sterf in vliegongeluk

Drie persone, waaronder 'n egpaar, is Vrydagmiddag tydens 'n vliegongeluk waarby twee vliegtuie betrokke was, in Noordwes oorlede.

Drie sterf in vliegongeluk
Foto: David Ole-Lebo Facebook-blad

NOORDWES. – Casper en Estelle Botha, asook Hennie Viviers, is Vrydag omstreeks 12:30 in ‘n vliegongeluk oorlede. Die noodlottige vliegongeluk het tussen Carletonville en Magaliesburg gebeur.

Twee vliegtuie, waarin die drie oorledenes was, was glo naby Carletonville in die lug in ‘n botsing betrokke. Die ongeluk word deur burgerlugvaartowerhede ondersoek.

Op David Ole-Lebo se Facebook-blad hier onder is meer besonderhede wat nie deur Nuusflits bevestig is nie, gedeel.

Potchefstroom Gimnasium het die volgende sosialemediaplasing gemaak:

Gimmies het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van Casper en Estelle Botha.💙💙 Hulle was geliefde inwoners van Potchefstroom wat hul merk op vele terreine gemaak het. Casper, wat in 1987 aan Gimmies gematrikuleer het, was ook een van Gimmies se Beheerliggaamvoorsitters. Ons betuig ons medelye aan Jacques, Philip en Rynard, ons sal jul in ons gebede dra. Mag jul die Vader se liefde ervaar in hierdie moeilike tyd. Gimmies eer Casper en Estelle se nalatenskap.🤍🕊

Lees meer:

Bronne: Potchefstroom Herald, Potchefstroom Gimnasium, Khitty Moss en David Ole-Lebo Facebook-bladsye