Drie sterf toe hulle uit voertuig geslinger word

Lees ook :

Foto: Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling

MPUMALANGA. – Drie mense is Saterdagaand dood toe ’n Volkswagen Polo op die N4-tolpad tussen Karino en die Valencia-wisselaar buite Mbombela (Nelspruit), agter in ’n ligte afleweringsvoertuig vasgery het. Die oorledenes, twee mans en ’n vrou, is uit die voertuig geslinger toe dit omgeslaan het.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê in ‘n verklaring die sedan het ná die botsing omgeslaan. Twee insittendes van die sedan is ernstig beseer, terwyl geen beserings in die bakkie aangemeld is nie. Paramedici het die beseerdes gestabiliseer voordat hulle na mediese fasiliteite in Mbombela vervoer is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Drie aanklagte van strafbare manslag word tans ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief