Drie sterf tydens vragmotorongeluk, talle beseer

Lees ook :

Foto: Arrive Alive

LIMPOPO. – Drie persone is Dinsdag dood en nog 48 het ernstige beserings opgedoen toe ‘n vragmotor met werkers op die R36 by die JG Strydom-tonnel in Leboweng ‘n ongeluk gemaak het.

Volgens Arrive Alive kon die vragmotor nie ‘n skerp draai maak terwyl hy afdraande gery het nie en het omgeslaan en in ‘n diep sloot beland.

Nooddienste van Polokwane het hulle na die ongelukstoneel gehaas. Die name van die oorledenes en beseerdes is nog nie vrygestel nie. Die ondersoek duur voort.

Bronne: Arrive Alive, Tzaneen Voice en Suburban Control Centre

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief