Drie tavernes in een dag beroof

Lees ook :

Drie tavernes in een dag beroof
Drie tavernes in een dag beroof fotokrediet: Canva

Lees ook: Vier mans dood in massaskietery in Nyanga

INTABAZWE, HARRISMITH. – Drie tavernes in Intabazwe en Harrismith is gisteraand en vanoggend deur ‘n groep van drie tot vier gewapende mans beroof.

By die eerste taverne in Intabazwe is ‘n man (48) se voertuig en selfoon gesteel na hy en die ander mense in die taverne met wapens gedreig is om plat te lê.

By die tweede taverne, wat ook in Intabazwe is, het gewapende mans in die gesteelde voertuig by die taverne aangekom. Hulle het van die straat af begin skiet en toe by die taverne ingegaan. Die mense in die taverne is beveel om plat te lê en is beroof. Geld is ook uit die taverne se geldlaai gesteel.

By die derde taverne, in Harrismith, het drie gewapende mans vanoggend ingegaan en mense beveel om plat te lê. Hulle het geld gesteel, asook drank en die mense se besittings. Vyf mense is tydens die roof geskiet. Een is op die toneel dood en een is in die hospitaal oorlede.

Die gesteelde voertuig, ‘n VW Polo, is later 3 km van die misdaadtoneel af gevind.

Die polisie is besig om die voorvalle te ondersoek.

Bronne: SAPD

Lees ook: Vier mans dood in massaskietery in Nyanga

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief