KWAZULU-NATAL. – Drie verdagtes wat in verband gebring is met moord- en roofsaake in die Mtubatuba-, Mbazwana- en Emanguzi-gebiede, is Maandagmiddag (15 Desember) noodlottig gewond tydens ’n skietery met die polisie in Mbazwana.
Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring polisiebeamptes het die verdagtes opgespoor en ‘n skietgeveg het uitgebreek. Twee vuurwapens en ’n speelgoedwapen is in hul besit gevind.
Die polisie soek steeds na twee ander verdagtes wat daarin geslaag het om te ontsnap. Meer besonderhede is nog nie bekendgemaak nie.





