Drie verdagtes doodgeskiet en drie in arres

Lees ook :

Foto: DPCI

GAUTENG. – Drie verdagtes is in Chrisville, in Booysens, suidwes van Johannesburg, tydens ‘n skietery met ‘n multi-dissiplinêre span doodgeskiet. Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale sê inligting is ontvang van verdagtes wat glo voorstede van Johannesburg met gewelddadige misdade terroriseer. Die beweerde misdade sluit 30 moorde in. ‘n Operasie is deur verskeie wetstoepassingsagentskappe geloods.

Met aankoms op die perseel het ‘n skietgeveg uitgebreek, waartydens drie verdagtes noodlottig gewond en nog drie in hegtenis geneem is.

Mogale sê twee ongelisensieerde vuurwapens is op die toneel gevind.

Die moontlikheid van meer inhegtenisnemings en verdagtes wat aan meer misdade gekoppel word, word nie uitgesluit nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief