Drie verdagtes in hof na ses se dood in Houtbaai

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Drie verdagtes tussen die ouderdom van 28 en 38 jaar het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn nadat ses mans op 27 Maart in Houtbaai doodgeskiet is.

Kol. André Traut sê die verdagtes is die naweek deur speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade in Imizamo Yetho- informele nedersetting in hegtenis geneem.

Vier verdagtes is glo verlede week met sewe rondes ammunisie in hulle besit in hegtenis geneem. Terwyl hulle in aanhouding was, is verdere inligting opgevolg, waarna die drie verdagtes vir die moorde aangekla is.

Traut sê die saak oor die besit van ammunisie sal Dinsdag in die hof voorkom.

Op die betrokke dag van die moorde is vyf mans doodgeskiet. Twee het later gesterf, van wie een in ‘n hospitaal. Die verdagtes is op ses aanklagte van moord en drie van poging tot moord aangekla.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief