Drie verdagtes vas ná voorval by Waterkloof-lugmagbasis

Lees ook :

Ffoto: Wikipedia NJR ZA

GAUTENG. – Drie verdagtes is gisteraand in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om onwettig toegang tot Waterkloof-lugmagbasis te verkry.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het ’n voertuig Donderdag omstreeks 19:50 die woongedeelte van die basis deur die Bacaneer-hek binnegedring. Veiligheidspersoneel het vinnig gereageer en saam met die Tshwane-metropolisie het hulle die voertuig naby die AAD-waterkrane onderskep ná dit ‘n ongeluk gemaak het. Een verdagte is op die toneel in hegtenis geneem, terwyl nog twee kort daarna vasgetrek is. Die verdagtes is aan die militêre polisie oorhandig en sal verder deur die metropolisie ondersoek word.

Lt.genl. Wiseman Mbambo, hoof van die Suid-Afrikaanse Lugmag, het die lede geprys: “Die waaksaamheid en professionaliteit van ons personeel by Waterkloof het ’n moontlike bedreiging voorkom. Ek salueer hul moed en spanwerk.”

Genl. Rudzani Maphwanya, die hoof van die SANW, het beklemtoon dat hierdie vinnige optrede die weermag se gereedheid en toewyding tot die beskerming van Suid-Afrika en sy mense onderstreep.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief