Drie vermeende afpersers doodgeskiet en vier gewond

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Drie vermeende afpersers is omstreeks 14:00 tydens ‘n skietery deur die polisie in Bothasig doodgeskiet. Nog vier verdagtes is gewond en in hegtenis geneem.

Die polisie het ‘n wenk opgevolg van sewe insittendes in ‘n minibustaxi wat winkeleienaars in Du Noon vir geld afpers. Die vlugtende verdagtes is opgemerk. Op die Bosmansdampad het die verdagtes met ‘n aanvalsgeweer op die twee polisievoertuie losgetrek. Die polisie het teruggeskiet en kon daarin slaag om die minibustaxi op die hoek van Bosmansdam- en Wylandpad tot stilstand te dwing.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen vir die verdagtes wat gedood is. Die beseerde verdagtes word onder polisiebewaking in die hospitaal behandel. Hulle identiteite moet nog vasgestel word. Speurders volg leidrade op om aanklagte teen die verdagtes vir hulle verwagte hofverskyning voor te berei.

Die drie sterftes en beserings wat deur ander vedagtes opgedoen is, word deur die polisiewaghond, Opod, ondersoek.

Die polisie het die aanvalsgeweer, ‘n 9mm-pistool, ‘n onbekende bedrag geld en die minibustaxi gekonfiskeer.

Slagoffers van afpersery word aangemoedig om na vore te kom en die tolvrye nommer 0800 314 444 te bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App