Drie vir gewapende roof by drankwinkel in Du Toitspanstraat gevonnis

Lees ook :

Drie mans elk op 14 Maart agt jaar tronkstraf vir die gewapende roof van Madeira-drankwinkel, opgelê

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap sê: “Busi Dlamini, Joseph Kgantsile Molapo en Bethuel Mhlanga is vir die rooftog verlede jaar, skuldig bevind.”

“Die drie mans het met toemaaktyd op die besigheid toegeslaan. Twee personeellede, albei vroue, se hande is vasgebind en die rowers het met ’n groot soms geld, tabak en duur alcohol agter uit die drankwinkel probeer vlug,” verduidelik Kock.

Die personeel het daarin geslaag om ’n sekuriteitsbeampte van Top Security Systems (TSS) van die rooftog bewus te maak en die polisie is ontbied. Kock sê: “Die blitspatrollie en die eenheid vir misdaad bekamping het die sekuriteitsmaatskappy bygestaan en die rowers is op die perseel in hegtenis geneem. ’n Swart sak met gesteelde goedere en ’n panga waarmee die rowers die personeel gedreig het, is op beslag gelê.”

Die SAPS het konst. Billy Frans van die Noord-Kaap trio-eenheid bedank vir goeie werk tydens die ondersoek gelewer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief