Groot sukses vir Pixely Ka Seme-distrikpolisie teen misdaad

Lees ook :

Die SAPS verwelkom die suksesvolle vervolging van oortreders in verskeie verkragtingsake in die Pixely Ka Seme-distrik.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap sê: “Die toegewydheid van die De Aar-gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS), onder die leiding van kapt. Witz Coetzee, het gesorg oortreders van vlaag gruwelike oortredings boet. Oortreders is in verskeie streekhowe in die area oor die afgelope maand gevonnis.”

Die eerste oortreder is op 25 Februarie by De Aar-streekshof gevonnis. ’n Man (49) is 25 jaar tronkstraf opgelê. Kock sê: “Hy vir die verkragting van sy stiefdogter (14) skuldig bevind. Die verkragtings het in Noupoort tussen 2015 en 2016 plaasgevind. Die oortreding is openbaar nadat die stiefdogter swanger geraak het. DNS-bewyse het die man met die verkragting verbind. Uitstekende ondersoek deur adj.-sers. Ilse Fan het vir ’n suksesvolle vonnis gesorg.”

“Ryan Bostander is ook op 25 Februarie in die De Aar-streekshof vir statutêre verkragting gevonnis en is ses jaar tronkstraf opgelê. Hy is daarvan skuldig bevind dat hy ’n seksuele verhouding met ’n minderjarige meisie (14) gehad het. Die voorval het gedurende Junie 2018 plaasgevind. Die saak was deur adj.-sers. Edwin Mokgalagadi ondersoek,” sê Kock.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App