Polisie ondersoek openbare geweld na brand in munisipale gebou

Lees ook :

Die Warrentonse polisie ondersoek ’n saak van openbare geweld.

Dit kom nadat betogers op 22 Maart 2019 bande in die voorportaal van die munisipale gebou aan die brand gesteek het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap sê: “Geen persone is tydens die optog beseer nie. Die munisipale gebou het wel skade gely.”

“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Dit bly kalm, maar die polisie monitor die situasie,” sê Kock.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief