Brekende Nuus
Bekendes

Countrysanger steeds in hospitaal ná noodlottige motorongeluk

Foto: Tommy Dell

MPUMALANGA. – Tommy Dell, die Suid-Afrikaanse country-legende en Bok Radio-omroeper is in ’n kritieke toestand in die Nelspruit Mediclinic, nadat hy Saterdagaand in ’n motorongeluk betrokke was waarin twee persone dood is.

Bok Radio sê Dell se mediese fonds se hospitaalvoordeel is uitgeput, maar dat hy nog nie sterk genoeg is om na ’n ander hospitaal vervoer te word nie. Die radiostasie is in kontak met Dell se familie en die hospitaal om hom so lank as moontlik in die huidige hoësorgeenheid te hou totdat hy sterk genoeg is om verskuif te word. ‘n Skarebefondsingsprofiel is deur Bok Radio begin. Die doel is om genoeg geld in te samel om Dell vir minstens nog 10 dae in die hospitaal te hou.

Die radiostasie sê Dell is ’n positiewe en liefdevolle mens wat deur sy musiek en sy betrokkenheid by ander mense ’n groot invloed op baie mense gehad het. Bok Radio sê dit is die eerste keer in sy meer as 15 jaar van bestaan dat die stasie op dié manier om hulp vra.