Die polisie het gesê twee beamptes wat glo dronk, in uniform en agter die stuur, met ‘n bierbottel in die hand op kamera vasgevang is, is in hegtenis geneem.
Hulle het glo op 26 Mei 2022 ’n ongeluk op die R58 buite Lady Grey in die Oos-Kaap veroorsaak.
Die video van die twee beamptes het sedertdien viraal op sosiale media gegaan.
Beide beamptes staan tereg op aanklagte van dronkbestuur, asook roekelose en nalatige bestuur omdat hulle na bewering ‘n ongeluk by ‘n stilhouplek op die R58 buite Lady Grey veroorsaak het.
Daar word geglo die jonger beampte is ‘n 31-jarige konstabel en die ander ‘n 54-jarige adjudant-offisier wat in Maletswai gestasioneer is.
Albei word in die video dronk gesien. Die bron van die video is in hierdie stadium onbekend.
Die Oos-Kaapse polisie kon nog nie bevestig of meer inligting verskaf nie.
Bronne: The South African, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Fetus van babaseuntjie gevind by ‘n onwettige stortingsterrein





