Fetus van babaseuntjie gevind by ‘n onwettige stortingsterrein

Lees ook :

Fetus van babaseuntjie gevind by 'n onwettige stortingsterrein
Fetus van babaseuntjie gevind by 'n onwettige stortingsterrein foto: MSN

’n Fetus van ’n babaseuntjie is Maandagoggend by ’n onwettige stortingsterrein in Kariega gevind.

Volgens kaptein Andre Beetge, polisiewoordvoerder, is die liggaam van ‘n klein manlike fetus Maandagoggend om 10:00 ontdek.

“Die polisie in Kwanobuhle is in kennis gestel van ’n oop stuk veld op die hoeke van Ponana Tinistraat en Mondilestraat, Kwanobuhle waar die oop veld gereeld deur persone in die area as ’n onwettige stortingsterrein gebruik word.”

Beetge het gesê ‘n geregtelike doodsondersoek is by die Kwanobuhle SAPD geopen en die liggaam is na die Gelvandale-lykshuis verwyder, waar ‘n nadoodse ondersoek gedoen sal word om die oorsaak van dood te bepaal.

“Die polisie is op soek na getuies en inligting oor wie die ma van die ongebore baba of fetus is om vas te stel in watter omstandighede die ongebore bababeland het waar dit gevind is.”

Bronne: MSN, Newschant

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Susters wag vir vonnis in onwettige aborsiesaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief