KWAZULU-NATAL. – ‘n Voertuigbestuurder het Saterdagoggend vroeg ‘n ongeluk veroorsaak toe hy op die M4 by die Umhlanga Rocks-afrit in die aankomende verkeer ingery het.
Reaction Unit South Africa sê die bestuurder van die blou Renault Triber wat teen die verkeersvloei gery het, het reg van voor met ‘n rooi VW Polo gebots. Die bestuurder van die Triber en vier insittendes van die Polo is beseer.
Rusa het ongeveer 02:11 op die toneel aangekom en gevind nooddienste is reeds op die toneel.
“Die bestuurder van die Renault Triber was glo dronk.”