KWAZULU-NATAL. – In die moorsaak van ds. Liezel de Jager wat op 13 Oktober 2021 haar lewe verloor het, is haar man Werner de Jager, wat van haar moord aangekla word, gister weer borg geweier.
“Liezel’s family is extremely relieved. We celebrate today’s win with them. We feel it sends a strong message to every animal that targets the women they are called to protect. You are not welcome in our communities,” sê Ian Cameron.
Amanzimtoti-landdroshof se besluit om borg te weier, word deur Action Society geprys. Ian Cameron sê die polisie-eenheid vir onopgeloste sake van die polisie verdien krediet vandat hulle die saak oorgeneem het.
Cameron het voort alle “mishandelaars” gewaarsku en slagoffers verseker daar is ondersteuning vir hulle.
Soos voorheen berig is De Jager nou vir ‘n skedule 6-klag aangekla nadat bewyse daarop dui dat die moord moontlik met voorbedagte rade gepleeg is. De Jager is ook van bedrog aangekla, nadat hy deur ‘n ondersoekbeampte gewaarsku is en steeds probeer het om ‘n lewenspolis in sy vrou se naam te probeer eis. Bewyse dui aan De Jager het na bewering oor sy aktiwiteite ten tyde van sy vrou se moord gelieg.
De Jager gaan na verwagting in Maart vir regshulp aansoek doen.
Bron: Action Society





