Ds. Liezel de Jager se man probeer glo lewenspolisse eis

Lees ook :

Foto: Liezel de Jager Facebook

KWAZULU-NATAL. – Ds. Liezel de Jager se man het weer Woensdag in die Amanzimtoti-landdroshof verskyn om vir borg aansoek te doen. Dit het na bewering met bewyse aan die lig gekom dat haar moord nie toevallig was nie, maar glo met voorbedagte rade gepleeg is. De Jager se borgaansoek is tot 24 Januarie uitgestel en hy bly in aanhouding.

Volgens Action Society gaan die vervolging ‘n skedule 6-moordklag instel. Boonop sal daar ook nou, nadat De Jager probeer het om van die lewenspolisse teen die oorledene se naam te eis, bedrogklagtes teen hom wees. Dit volg nadat die ondersoekbeampte vir hom gesê het om dit nie te doen nie.

De Jager het ook glo gelieg oor wat hy ten tyde van sy vrou se moord gedoen het.

“This man – like any other suspect arrested on suspicion of violence against women or children – should not be allowed to put a foot outside of jail while he is being investigated. De Jager has put Liezel’s loved ones, including her parents and two daughters through intense pain and sorrow, and he continues doing so by lying. His actions following Liezel’s death have also caused suffering for other families. He should remain in custody to protect any further life-taking incidents,” het Ian Cameron, die direkteur van gemeenskapsveiligheid van Action Society gesê.

Cameron sê daar sal nie opgegee word om die polisie vir die oorspronklike ondersoekspan se nalatigheid en mislukking verantwoordelik te hou nie.

FiND iT het op 27 November 2023 soos volg berig:

Werner de Jager (45), die man van die vermoorde dominee Liezel de Jager, het vandag in die Durban-landdroshof verskyn.

Ian Cameron van Action SA sê dit is reeds 775 dae sedert haar moord en uiteindelik het haar man, wat vir haar moord aangekla is, in die hof verskyn.

Die saak vir ‘n formele borgaansoek was uitgestel.

Brig. Athlenda Mathe sê die deurbraak kom nadat die polisie se eenheid vir onopgeloste misdade die ondersoek op 6 November oorgeneem het.

Liezel de Jager is op 13 Oktober 2021 op Amanzimtoti by haar huis vermoor.

Die egpaar het twee jong dogters.

Bron: Action Society

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief