DSTV het aangekondig die pryse van hulle pakkette kan met tussen R1 en R50 styg. Die premium pakket sal styg met R50 en Showmax sal tot R99 per maand styg.
Lees ook: Man in Kimberley in hegtenis geneem vir oortreding van vuurwapenwet
Die hoof van MultiChoice SA, Byron du Plessis, het gesê die pryse sal ook in Mei 2025 styg om die 0.5% BTW in te sluit wat deur finansminister Enoch Godongwana aangekondig is.
Du Plessis het gesê die pryse is aangepas met die finansiële druk op huishoudings in gedagte.
Nersa het ook aangekondig Eskom se tariewe sal met 12.74% styg vanaf 1 April 2025.
Munisipale tariewe sal ook met minstens 11.32% vanaf 1 Julie 2025 verhoog word. Dit volg na Nersa Eskom se aansoek om tariefverhogings vir die volgende drie jaar aanvaar het. Tariewe sal in 2026 met 5.36% styg en met 6.19% in 2027.
Bronne: BusinessTech, The South African, Tech Central
Lees ook: Man in Kimberley in hegtenis geneem vir oortreding van vuurwapenwet





